Outa ontvang miljoene vir e-tolsaak

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Maandag gesê hy het R1.2 miljoen van die publiek in donasies ontvang.

Dié bedrag sluit die R1 miljoen-donasie, wat die Demokratiese Alliansie (DA) Vrydag gemaak het, uit, berig EWN. Die groep het Woensdag ‘n dringende beroep op die publiek gedoen vir verdere befondsing. Hy het aangedui dat, indien hy nie R1 miljoen binne drie weke invorder nie, hy nie met die e-tolhofsaak in die hoogste hof van appèl sal kan voortgaan nie.

“Ons staan verstom oor die publiek se reaksie op ons versoek. Ons kan nie genoeg dankie sê nie,” het Wayne Duvenage, woordvoerder van Outa, gesê.

Die saak sal in September in die hoogste hof van appèl aangehoor word. Die omstrede tolstelsel sal egter glo binne die volgende paar weke op Gauteng se snelweë in werking tree.

Outa het tot dusver reeds R10 miljoen in donasies ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Die bedrag wat deur Outa ge-in is, dui op die vasberadenheid van die Suid-Afrikaners om hierdie onding, wat deur die ANC-regering op die publiek afgedwing word, te beveg. ‘n Tolstelsel het net bestaansreg indien die groot staatsheffing op brandstof aansienlik verminder word.

Tans roei die ANC-regering die publiek uit met allerhande heffings en belastings en dan word daar nie veel gedoen aan die massiewe diefstal, bedrog en korrupsie met staatsgelde nie.

Suid-Afrikaners is keelvol daarvan om getap te word terwyl die ANC-kaders hulself verryk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.