OUTA verwerp e-tol se gereedheid

Beweringe dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) al vir die afgelope twee jaar gereed is om die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë te implementeer is onwaar, het die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) Donderdag gesê.

Wayne Duvenage, die voorsitter van Outa, het gesê Sanral het misluk. “As Sanral so bevoeg was en hul penarie oor finansiering so ernstig is, waarom het ons steeds oor die afgelope jaar ‘n vlaag van wetswysigings gesien?” het hy gevra. “Die regulatoriese omgewing vorm deel van die raamwerk van gereedheid.”

Duvenage het gesê tydens hofverrigtinge in die konstitusionele hof in Augustus verlede jaar, het Sanral gesê hy kan die e-tolstelsel binne twee weke in werking stel sodra die interdik, wat die projek gestuit het, tersyde gestel word.

“Omtrent ʼn jaar het intussen verloop en hulle is steeds besig om doekies om te draai,” het hy gesê.

Volgens die DA is e-tol nog nie in werking gestel nie, omdat die ANC-regering bekommerd is dat dit hul stemme tydens volgende jaar se verkiesing kan beïnvloed.

Sanral het Woensdag aangekondig dat hy verskeie banke nader in ʼn poging om R1.48 miljard te bekom. Die grootste gedeelte van die bedrag wat benodig word, is om die skuld op die Gauteng hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) af te betaal. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Seg Net ·

Dit is al outa in die land wat iets beteken. Die ander wat ek ken is net hier om misdaad te pleeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.