OVK deregistreer vyf politieke partye

IEC+logoDie Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het vyf politieke partye voor vanjaar se algemene verkiesing gederegistreer.

“Ons moet telkens seker maak dat die partye steeds bestaan en steeds aktiewe politieke partye is,” het Kate Bapela, die OVK se woordvoerder, Woensdag gesê.

“Dit is ʼn administratiewe proses wat ons doen. Ons stuur aanmanings aan die partye om uit te vind of hulle nog aktief is. As hulle nie na ons toe terugkom nie, word hulle gederegistreer.”

Bapela het bevestig dat aanmanings vanjaar uitgestuur is en dat vyf partye gevolglik gederegistreer is. Die partye is die Justice Party, die Real Congress, die United Democratic Civic Organisation, die Unemployed People’s Party en die Christian Front.

“Dié partye het nie met ons gekommunikeer nie en ons weet nie wat hul status is nie.”

Kennisgewings van hul deregistrasie is Woensdag in verskeie koerante gepubliseer. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.