OVK gereed vir verkiesing

IEC logoDie Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is reg en gereed vir die opkomende algemene verkiesing, het Pansy Tlakula, die OVK se voorsitter, Donderdag gesê.

“Terwyl ons vir die verkiesing voorberei, weet ons dat uitdagings moontlik kan eskaleer, maar ons is noukeurig voorberei vir die verkiesing,” het sy tydens The New Age-ontbyt in Johannesburg gesê.

“Daar is ‘n neiging dat gemoedere in dié tyd hoog kan loop by politieke partye. Ons vra verdraagsaamheid en respek tydens die verkiesing. Ons erken burgers se regte om te betoog, maar dit mag nie inbreuk maak op die regte van ander mense nie.”

Sy sê die OVK, as verkiesingsbeheerliggaam, het nie die reg om die wet af te dwing nie, en intimidasie moet by die polisie aangemeld word.
In gebiede waar daar betogings oor dienslewering is, sal ʼn kommissie vredesvergaderings hou om te verseker dat die betrokke gebied ‘n vry en regverdige verkiesing sal bevorder.

“Dit is belangrik vir die regering om hier in te gryp, omdat dienslewering nie ons probleem is nie, maar die regering s’n.”
Tlakula verwelkom billike kritiek en uitdagings deur politieke partye wat die uitslag van die verkiesing betref. Sy het deursigtigheid beloof en gesê die OVK streef aanhoudend na verbetering.

Die verkiesingdatum is nog nie bekend gemaak nie, en sal eersdaags deur pres. Jacob Zuma aangekondig word.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.