‘OVK sluit armes uit,’ hoor hof

Argieffoto

Argieffoto

Die groot deposito’s wat politieke partye aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) moet betaal om in die verkiesing te staan ontneem arm mense hulle grondwetlike reg om tot die politiek verkies te word, het die hooggeregshof in Pretoria Woensdag gehoor.

Dumisa Ntsebeza, regsverteenwoordiger vir die Ekonomiese Vryheidsvegter (EFF), het in die hof gesê benadeelde gemeenskappe sal van die reg ontneem word indien die OVK nie verbied word om ‘n “reuse bedrae” te hef vir politieke partye om in die verkiesing te staan nie. “Dit is ʼn skending van die regte wat in die grondwet vervat is.” Ntsebeza sê die OVK se eis vir ʼn deposito van meer as R600 000 vir politieke partye om aan die verkiesing deel te neem is soortgelyk aan apartheid. Regter Joseph Raulinga het aan Ntsebeza gesê die OVK gebruik die deposito om te verseker dat politieke partye wat aan die verkiesing wil deelneem “ernstig” daaroor is. Dali Mpofu, die EFF se woordvoerder, het buite die hof aan verslaggewers gesê daar is ander maniere om vas te stel of ʼn party ernstig daaroor is om in die verkiesing te staan. Die EFF het aansoek gedoen om ʼn interdik sodat die party nie ’n deposito van meer as R600 000 hoef te betaal om kandidatelyste vir die opkomende verkiesing by die Onafhanklike Verkiesingskommissie te kan indien nie. Uitspraak is voorbehou. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danie ·

Die EFF en die Front Nasionaal veg nou saam in hierdie saak.Front Nasionaal het gevra om toegelaat te word as vriend van die hof.Hulle wil dus die EFF se saak vergemaklik,sodat die EFF goed in die verkiesing kan doen,en dan daarna mense se plase sonder vergoeding afneem.

Jasper ·

Dieselfde mense wou amper in kraam gaan omdat die VF+ se logo saam met ander partye s’n op n OVK plakaat verskyn wat die registrasieproses verduidelik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.