OVK-voorsitter skuldig aan onbehoorlike gedrag en wanadministrasie

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Meer as R6 miljoen is betaal vir die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se ou kantore wat van Oktober 2010 tot Julie 2011 leeg gestaan het.

Bedrag van R6 753 880.42 is betaal vir die verhuring van die gebou in Walkerstraat 260,” het adv. Thuli Mandonsela, die Obenbare Beskermer, Maandag aan die media in Pretoria gesê.

“Die bedrag is egter op 21 Februarie 2012 aan die OVK teruggegee, maar sonder rente.”

Sy het gesê bewyse het aangedui dat dié finansiële verlies, onder andere toegeskryf kan word aan die afwesigheid van ‘n beëindigingsklousule in die huurkontrak. “Dit kan moontlik wees weens die lukrake hantering en moontlike roekelose gebruik van openbare fondse,” het Mandonsela gesê.

Madonsela het Maandag die verslag bespreek ná ‘n ondersoek na bewerings van wanadministrasie en korrupsie wat verband hou met die verkryging van die Riverside Office Park as die OVK se hoofkantore. Sy het ook die geldigheid van huurooreenkomste, wat deur die kommissie aangegaan is, en verskeie betalings aan Abland, van wie die gebou verkry is, ondersoek.

Mandonsela het ook gesê adv. Pansy Tlakula, die voorsitter van die OVK, het nie haar romantiese en sakeverhouding met ‘n mede-direkteur, wat bande het met ‘n gemeenskaplike maatskappy vanwaar die kantoor bekom is, openbaar gemaak het nie.

“Die ideale manier hoe adv. Tlakula hierdie konflik van die verkrygingsproses van die gebou kon versag, sou wees om haar verhouding met die mede-direkteur bekend te maak. Haar gevolglike deelname aan die proses het haar onafhanklikheid en objektiwiteit in twyfel getrek.”

Mandonsela het ná ʼn bespreking oor fondse wat met Abland verband hou, Tlakula skuldig bevind aan onbehoorlike gedrag en wanadministrasie.

Intussen het adv. Pansy Tlakula, die voorsitter van die OVK, haar misnoeë uitgespreek omdat sy “op die laaste nippertjie” ʼn afskrif van die verslag bekom het. Sy het eers Maandagoggend om 04:00 glo die verslag ontvang, voordat dit om 10:00 aan die media bekend gemaak is. “Na talle versoeke om die verslag vroegtydig te kry, en gerusstelling van die OB se kantore dat dit sal gebeur, het ek dit steeds te laat ontvang,” het Tlakula in ʼn verklaring gesê. “Dit het my met min tyd gelaat om die verslag behoorlik te bestudeer. Ek sal die verslag nagaan en behoorlike kommentaar lewer sodra ek kan.”

Madonsela het op haar beurt om verskoning gevra dat Tlakula die verslag te laat gekry het. “Ek vra onvoorwaardelik om verskoning daarvoor,” het Mandonsela gesê sonder om ʼn rede te verskaf waarom die verslag so laat oorhandig is.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erich Goosen ·

Ek het al baie gewonder hoekom so vele sleutelfunksionarisse wat sedert 1994 onder die huidige bewind aangestel is, so jammerlik faal, hetsy weens onbevoegdheid, korrupsie of ander oorsake. Ek probeer positief wees en wil graag uitwys wanneer daar beter bekleers aangestel word wat ‘n verbetering was op die wat onder die Nasionale regering gedien het maar moet bieg dat bitter min van die nuwe besems ‘n verbetering was (Trevor Manuel was seker die uitsondering maar ek dink hy is gesien as ‘n bedreiging vir die leiers en daarom op ‘n sylyn gerangeer). Adv Tlakula se liggie het ook aanvanklik helder geskyn maar met die insident het nog iemand met voete van klei ineengestort. Miskien as daar weer eendag ‘n groot leier is wat vanuit ‘n posisie van krag en integriteit heers sal daar ook beter mense onder hom/haar in belangrike poste aangestel word.

H J Bester ·

Erich ek is bevrees jou hoop op ‘n beter leier met interiteit is beskaam – hierdie manier van dinge doen, is maar tipies van die Afrikane en is ek bevrees dit sal nie gou verander nie.

Die Afrikane het nog nooit geglo in bekwaamheid en meriete by aanstelling nie – nee in alle gevalle word ‘n politieke aanstelling gedoen want dit die enigste manier vir die leier/party om in beheer te bly..

Dis oor hierdie sienswyse dat Afrika nog nooit kon ontwikkel nie en dat dit ‘n kontinent van werkloosheid en armoede bly.

Gert Malan ·

‘n Advokaat? Is dit nie veronderstel om iemand te wees met integriteit nie? Maar haar luste het weer hoogty gevier ten koste van die belastingbetaler! Die ergste is, sy is volgende jaar in beheer van die algemene verkiesing – nog n Zimbabwe fiasko. Indien sy ‘n skrobbering gaan kry, is sy tenminste verseker van ‘n meer senior pos iewers in skeeloog se korrupte kabinet!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.