OVK wil 80% laat registreer om te stem

Argieffoto

Argieffoto

Stemgeregtigde Suid-Afrikaners kan hierdie naweek nog by die onderskeie stemlokale registreer.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se doel is om 80% van die kiesers op sy stemrol te kry voor die algemene verkiesing op 7 Mei plaasvind. Die OVK het Donderdag gesê dat net meer as 24.1 miljoen Suid-Afrikaners geregistreer is om te stem. “Dit verteenwoordig 76.7% van die geraamde Suid-Afrikaners wat binne die ouderdom val wat stemgeregtig is,” het Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, in ʼn verklaring gesê. Volgens Statistiek Suid-Afrika is daar 31.4 miljoen Suid-Afrikaners wat binne die ouderdom val van mense wat stemgeregtig is. “Dit sluit die meer as een miljoen nuwe kiesers in wat tydens die vorige registrasienaweek in November bygevoeg is.”

Om hul teiken te behaal moet ʼn verdere 1.1 miljoen mense registreer.

Bapela sê daar is 22 263 stemlokale regoor die land waar mense Saterdag en Sondag van 08:00 tot 17:00 kan registreer.

Die OVK het Vrydag gesê stemgeregtigde kiesers kan nog registreer voordat die verkiesingsdatum amptelik in die Staatskoerant gepubliseer word. Klik hier om meer te lees.

Ná die naweek sal kiesers een van die OVK se streekskantore moet besoek om te registreer om te stem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ilze Kotze ·

Graag wil ek weet waar kan ons ‘n spesiale stemme uitbring want ons gaan daardie staduim buite ons landsgrense wees. Ons sal graag voor die tyd wil gaan stem. Ons bly in Kriel Mpumalanga (deesdae Ga Nala). Ek sal dit waardeer as iemand ons net kan help daarmee.
Byvoorbaat dank
Ilze Kotze

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.