‘n Ma en haar vyf maandeoue baba is dood en ‘n man ernstig beseer ná ‘n ongeluk Saterdagaand in Merebank, Durban.
“Die ma en haar baba is uit die voertuig geslinger, maar is dood nog voor paramedici by die toneel aangekom het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Die pa van die gesin was in die voertuig vasgekeer en het verskeie ernstige beserings opgedoen.” ‘n Volkswagen Golf het die gesin se voertuig glo teen die kant getref, maar dié bestuurder het die toneel verlaat voordat nooddienste opgedaag het.
“Die besonderhede oor die oorsaak van die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word,” het Botha bygevoeg.