Pa dagvaar afrigter ná kind nie weer kaptein word nie

ʼn Pa van ʼn leerling aan ʼn KwaZulu-Natalse hoërskool dagvaar glo die skool se krieketafrigter omdat sy seun nie meer kaptein is van die skool se eerste span nie.

Dave Karlsen, die krieketafrigter van die St Charles College se eerste span, word glo vir R2.1 miljoen gedagvaar, het The Times Dinsdag berig. Die seun se pa, wie se naam weerhou word om die kind se identiteit te beskerm, is ʼn prokureur van Pietermaritzburg.

Volgens hofdokumente voer die pa aan dat Karlsen opsetlik sy seun se krieketloopbaan belemmer het, deur hom, vandat hy in die o.15-span was, weerhou het om as enige span se kaptein op te tree. Hy voer ook aan sy seun word benadeel omdat hy ʼn Indiër is.

Die 17-jarige seun is verlede jaar uiteindelik as die eerstespan se kaptein gekies. Die ouer voer aan die afrigter was “nie gemaklik daarmee om ʼn Indiese seun as ʼn kaptein te hê nie” en is sy seun se “waardigheid en reputasie” nou aangetas omdat hy nie weer as kaptein gekies is nie.

Karlsen het tot 2 Augustus tyd om die regsgeding te daag, of om die bedrag te betaal.

Allen van Blerk, die skool se hoof, het ontken dat rassisme enige besluite beïnvloed as spanne saamgestel word.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LILLY DE BEER ·

Ek kan nie glo dat ‘n ouer dit doen nie, so nou is my kind ‘n kaptein van ‘n span, maar volgende jaar word iemand anders gekies, nou dagvaar ek die skool? hoe siek kan dit nie wees nie, so wat eintlik hier gebeur is die kind se pad in die skool moet loop volgens die pa die plan en nie die kind wat moet werk vir dit nie, en as dit nie so loop nie, word die skool gedagvaar! Dit is pateties verby

Annette ·

Watse belaglike dinge gaan nog uitkom en waarvoor gaan onderwysers (skoolhoof) nog gedagvaar word…..Watse nonsens is dit…maak nie saak wat jou velkleur is nie, as jy goed speel het jy ‘n kans – en die seun het mos ‘n kan gehad of hoe? Iemand anders kan mos nou ‘n beurt kry…..

Carin ·

Die pappa moet regtig ‘n bruggie bou en daaroor kom. Gee die ander outjie nou ‘n kans. Hy doen sy seun baie meer skade aan deur sy optrede… Word groot Pappa!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.