Pa dood, seun kritiek na motorfietsongeluk

ʼn Pa is dood en sy 18-jarige seun ernstig beseer nadat die seun beheer verloor het oor die motorfiets waarop hulle gery het.

Volgens paramedici van ER24 het die 18-jarige seun met sy oom se nuwe motorfiets gery met sy pa agterop. Die oom het glo die motorfiets saamgebring na ʼn familiebyeenkoms toe die seun gevra het om met die fiets te ry. Die seun het glo op die R57 in Vanderbijlpark naby die Stonehaven brug beheer verloor oor die motorfiets en hy en sy pa is van die fiets af geslinger. Paramedici het die pa sowat 10m van die motorfiets af gevind waar hy reeds aan sybeserings beswyk het. Die seun is sowat 15m van die motorfiets af gekry en is op die toneel gestabiliseer voor hy in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygelee hospitaal vervoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.