Pa doodgeskiet in hoewe-aanval

Die ingang na die Mooiplaats-hoewes in die Boschkop-omgewing, oos van Pretoria. Foto: Google Street View

ʼn 59-jarige man is doodgeskiet en sy dogter en skoonseun is gewond nadat hulle deur vyf gewapende mans aangeval is op hul hoewe in Mooiplaats in die Boschkop-omgewing, oos van Pretoria.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, sê die vyf mans het kort voor 3:00 Saterdagoggend toegang tot die huis verkry. “Die oorledene se dogter (30) en haar man (33) het saam met hul kinders, onderskeidelik vier en een jaar oud, in ʼn kamer geslaap toe hulle deur die gewapende mans oorval is. Die mans het die dogter en haar man in hulle bene geskiet. Sy kon egter daarin slaag om haar twee kindertjies na die badkamer te neem om hulle veilig te hou.” Van der Merwe sê die dogter se 54-jarige ma het die skote gehoor en gaan ondersoek instel. “Die dogter het aan haar ma gesê hier is moeilikheid waarna sy haar man gaan roep het.” Van der Merwe sê die vrou se 59-jarige man het haar uit die pad gestamp waarna hy in die bors geskiet is. Hy is op die toneel dood. Die vyf mans het met sy selfoon gevlug. Van der Merwe sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Sy sê die oorledene se naam kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien die familie steeds op die toneel is.

Lees die opvolgberig heir.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre Wilmans ·

Mense moet asb nie THE BRAVE MAN speel nie. Beveilig julle self en skiet as julle kan voor julle probeer fiesies hierdie selgte pes te keur. Kill the Bastards if possible and face the music later. But make sure they are in the house and shoot and shoot and shoot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.