Pa en dogter beseer in vliegongeluk

Foto: ER24

ʼn Man en sy dogter is het Sondag ligte beserings opgedoen nadat hulle ligte vliegtuig in ʼn veld tussen Parys en Kroonstad in die Vrystaat neergeval het.

ʼn Woordvoerder van ER24, Werner Vermaak, sê die 40-jarige man het ligte beserings aan sy been opgedoen terwyl sy 13-jarige dogter ʼn moontlike rugbesering opgedoen het. Die man wou nie hospitaal toe gaan vir verdere behandeling nie. Die meisie is na die Potchefstroom Medikliniek geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

Een kommentaar

Johan du Plessis ·

Dit lyk nie vir my na ‘n veld nie, eerder ‘n mielieland…