Pa en dogter geskiet toe hulle probeer help

Argieffoto

Argieffoto

Twee motorwagte, ʼn pa en sy dogter, is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hulle deur rowers geskiet is in Brakpan aan die Oos-Rand.

Kapt. Joep Joubert, woordvoerder van die polisie, sê die rowers het ʼn 32-jarige man van ʼn sak kontant voor ʼn bank in Voortrekkerstraat beroof. Die twee rowers het na ʼn parkeerterrein agter die bank gehardloop en die 69-jarige pa en sy dogter, in haar 40’s, het hulle probeer stop. “Die vrou is twee keer in die maag geskiet en haar pa is een keer, ook in die maag, geskiet.” Die rowers het die sak kontant agtergelaat en gevlug. Joubert sê die polisie soek steeds na die verdagtes. Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die pa en dogter is albei in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugenie ·

So ‘n nederige werk, dankie pa en dogter, ek hoop regtig julle sal gou aansterk. Net nog ‘n lafhartige daad deur barbare.

Jenny ·

Aai dis sulke pragtige vriendelike mense . Hulle het my kar al baie opgepas.
Hoop op n spoedige herstel vir die oom en sy dogter.

Anna-Marie van Greunen ·

Ek hoop die oom en sy dogter word gesond want hulle versien nie wat met hul gebeur het nie sterkte aan die famielie my man ken die oom

Ria Haupt ·

Ek wil weet waarom ons agbare president na sy huis vlug wanneer ons land brand, hy is onbevoeg om ons land te regeer en ek wil nou soos Moses vra kom ons steek ons hande in die lug en vra dat God ons moet beskerm in hierdie verkiesing wat op n katastrofe gaan uitloop. Die beloftes van huise vir almal waar gaan die geld vandaan kom. Ons het gewerk vir ons huise of betaal huur ons het dit nie verniet gekry nie. Die ketting van huisbou sal nooit ophou nie want die aanteling ruk handuit. 9jariges raak swanger net om R250 toelae te ontvang buiten die ander tienerswangerskappe. Nou bou hulle 2 miljoen huise (dis hopeloos te min) dan kort daar nog 6 miljoen so dit is n kettingreaksie wat nooit sal ophou nie. Beperk soos in China net 2 kinders per gesin dan sal daar nie so hongersnood wees soos tans waar straatkinders bejaardes aanrand vir kos, ek het dit gesien en as jy nie wil geld gee nie dan beskadig hulle jou motor. Dit het my R4000 gekos omdat hulle my motor se verf afgekrap het met n stomp voorwerp, die versekering wou nie betaal nie. Ons moet op ons kniee bly en gedurig bid vir v erandering in ons land. Ons het n gebedsgroepie (17) gestig want elke woensdagaand bid vir die land. Wil daar nie meer mense sulke groepies stig om vir ons land te bid nie. Groot asseblief! Kan die regeringsamptenare nie hulle salaris verminder en veral die uwe president sodat daar meer sopkombuise gestig kan word vir die wat honger gaan slaap nie. Ek het by son sopkombuis gewerk en daardie bekertjie sop en 2 snytjies brood was al wat hulle vir die hele week gehad het. Ons handig nie bederfbare produkte in by ons kerkkantoor vir die baie honger blankers wat werkloos is om ook vir hulle iets te kan gee. Laat ons vandag nog hande vat vir ons land en sy mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.