ʼn Man en sy 13-jarige seun van Durban is Dinsdag ernstig beseer toe ʼn motor op hulle geval het nadat ʼn domkrag ingegee het.
“Die man en sy seun het aan ʼn motor gewerk toe die domkrag ingegee het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcar911, gesê. Die voorval het in Sherwood, Durban in KwaZulu-Natal plaasgevind. “Die beseerdes was steeds onder die voertuig vasgekeer toe paramedici by die toneel opgedaag het.”
Die beseerdes is op die toneel stabiliseer en na Addington-hospitaal geneem vir verdere behandeling.