Pa en seun in hof na PE-selfmoordsending

Die apteek waar die gyselaarsdrama hom tans afspeel Foto: Google Earth

Die apteek waar die gyselaarsdrama hom tans afspeel Foto: Google Earth

Die pa en seun wat Maandag in hegtenis geneem is nadat hulle personeel by ʼn apteek in Port Elizabeth gyselaar gehou het en vir hulp gevra het om selfmoord te pleeg, verskyn Donderdag in die hof.

Die 53-jarige man en sy 19-jarige seun het die Seaview-apteek Maandag rondom middagete binnegestap en ‘n apteker en haar twee assistente gyselaar gehou. Hulle het geëis dat daar vir hulle inspuitings gegee word om mee selfmoord te pleeg. Aptekers het vir die mans twee inspuitings met ʼn kalmeermiddel in voorberei. Nadat die pa en seun die medikasie geneem het, het hulle die personeel vrygelaat. Volgens ooggetuies het die mans glo ʼn vuurwapen en ʼn ploftoestel by hulle gehad. Dit het later aan die lig gekom dat dit slegs ‘n speelgoedgeweer en ‘n brandbom was. Die twee mans het in ‘n tent op die strand gebly.

Die polisie is nog besig om die aanklagte teen die pa en seun te formuleer. Hulle het reeds mediese en sielkundige toetse ondergaan en word in die selle by die Kabegapark-polisiestasie aangehou.

Lees ook:
Selfmoord-sending: Joernalis het glo met onderhandelings ingemeng
Pa, seun vas ná gyselaarsdrama
Gyselaarsdrama: Pa en seun wil glo selfmoord pleeg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.