Pa en seun op PTA-kleinhoewe aangeval

Argieffoto

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval op Rudolph van Tonder (ouderdom onbekend) en sy seun, Colin (30) op hul kleinhoewe in Haakdoornboom buite Pretoria nie.

“Die twee mans is Maandagaand omstreeks 19:00 deur twee gewapende mans oorval,” het ao. Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, Woensdag aan Maroela Media gesê. “Die aanvallers het glo geld geëis van die twee mans.”

Volgens Nkoadi was daar ʼn struweling en een van die aanvallers het op Rudolph gevuur en hom in sy kop getref. “Die koeël het hom aan die linkerkant van sy kop getref en deur sy oor getrek.” Die seun is in die bors getref en die verdagtes het daarna gevlug.

Rudolph en Colin is albei na die Steve Biko Akademiese Hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

petra ·

Regstelling: dit is Rudolph Pogieter en Collin van Tonder en Collin is 25 jaar oud

Sarie ·

Sien dis waaroor Steve gepraat het,nou is almal kwaad en kyk hoe gebeur sulke dinge,dit maak net wat hulle wil,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.