Pa en seun soek na vliegtuig vermis raak

Bryan en Robert Simms. Foto: Facebook

ʼn Soektog is onderweg na ʼn pa en seun van Midrand nadat hulle ligte vliegtuig Sondag onderweg van Uganda na die Lanseria-lughawe oor Mosambiek vermis geraak het.

LookLocal berig dat Bryan Simms en sy seun Robert Sondag by Lanseria-lughawe moes land. SAPA berig intussen dat daar Sondagoggend laas kontak met die Beechcraft Baron-vliegtuig was terwyl dit oor Mosambiek se afgeleë noordwestelike gebied gevlieg het. Jonny Smith, woordvoerder van die Johannesburgse lugvaart soek en redding, sê dit is in die stadium baie moeilik om te bepaal wat met die vliegtuig kon gebeur het en dat hulle onverpoosd voortgaan met die soektog. Volgens die Mosambiekse burgerlike lugvaartagentskap het die vliegtuig nie ʼn noodsein uitgestuur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.