Pa en seun sterf in botsing

iStock_000015602916XSmall91-320x212ʼn Pa en sy sewejarige seun is Sondagoggend in ʼn botsing in Randparkrif, Johannesburg oorlede.

Volgens paramedici van ER24 het ʼn Mercedes en ʼn Toyota omstreeks 5:00 Sondagoggend op die hoek van Jim Fouche en Beyers Naudéstraat gebots. Die bestuurder van die Mercedes is lig beseer. Die pa en seun was in die Toyota vasgekeer en moes met meganiese toerusting bevry word. Paramedici het mond-tot-mond-asemhaling op die seun toegepas voor hy na ʼn hospitaal gehaas is. Hy is egter kort na sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die pa was in ʼn kritieke toestand en is ook kort na sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. ʼn Vrou, glo ʼn vriendin van die pa, is ernstig beseer in die botsing en in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Haar seun het ook agter in die motor gesit en het geringe beserings opgedoen. Hy is saam sy ma na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.