Michael Moore (59) van Maclear in die Oos-Kaap en sy seun, John-John, is Saterdag dood toe twee swartwildebeeste hulle stormgeloop het, het Beeld Maandag berig.
Moore, sy vrou Adele, John-John en hul dogter Julie (22) het op die plaas Earlostown gaan stap. Twee swartwildebeeste word in ʼn kamp op die plaas aangehou, maar die Moores was glo nie bewus van die diere nie.
“Toe die twee swartwildebeeste hulle bestorm kon Adele wegkom en sy het in die rigting van Rhodes gehardloop,” het Gerrit Henning, voorsitter van die Rhodes-gemeenskapsveiligheidsinisiatief aan die koerant gesê. “Sy het hulp ontbied van ʼn nabygeleë plaas.”
Sy is ongedeerd. Julie het gesig- en kopbeserings opgedoen.
-SAPA
Baie eenvoudige nuusberig!