Pa en seun sterf toe swartwildebeeste hulle bestorm

'n Swartwildebees op galop in die Kliprivier-natuurreservaat, Johannesburg. Foto: derekkeats, Wikimedia Commons

‘n Swartwildebees op galop in die Kliprivier-natuurreservaat, Johannesburg. Foto: derekkeats, Wikimedia Commons

Michael Moore (59) van Maclear in die Oos-Kaap en sy seun, John-John, is Saterdag dood toe twee swartwildebeeste hulle stormgeloop het, het Beeld Maandag berig.

Moore, sy vrou Adele, John-John en hul dogter Julie (22) het op die plaas Earlostown gaan stap. Twee swartwildebeeste word in ʼn kamp op die plaas aangehou, maar die Moores was glo nie bewus van die diere nie.

“Toe die twee swartwildebeeste hulle bestorm kon Adele wegkom en sy het in die rigting van Rhodes gehardloop,” het Gerrit Henning, voorsitter van die Rhodes-gemeenskapsveiligheidsinisiatief aan die koerant gesê. “Sy het hulp ontbied van ʼn nabygeleë plaas.”

Sy is ongedeerd. Julie het gesig- en kopbeserings opgedoen.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.