Pa en seun verdrink by Pringlebaai

Visvang by Pringlebaai

Visvang by Pringlebaai

‘n Pa en sy seun het Saterdag by Pringlebaai in die Wes-Kaap verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“’n Jong man van Mitchells Plain het net na 09:00 omstanders se aandag getrek om bystand te verleen nadat sy pa en oupa, ook van Mitchells Plain, in die see meegesleur is toe hulle kreef in die vlak water wou uithaal,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. “Dit wil voorkom of die twee mans in ‘n sterk systroom beland het en toe bo van hulle voete afgestamp en in die see in getrek is.”

Die voorval het naby Hangklip-hotel in Pringlebaai plaasgevind.

Die liggame van die twee mans is sowat 400 m van die kuslyn af opgespoor. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek gelas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henko ·

Ek stem Justi, hierdie mense vang kreef vir ‘n lewe. Werklik hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.