Pa erken hy het dogter verkrag

‘n Pa van Pietermaritzburg het Maandag in die hof erken dat hy vir vier maande lank sy 13-jarige dogter verkrag het.

Die 39-jarige man het in die Pietermaritzburg-landdroshof skuld erken oor seksuele misdrywe met sy dogter tussen Desember 2012 en Maart 2013.

Hy het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn nadat sy vrou hom onlangs op heterdaad betrap het terwyl hy sy 13-jarige dogter verkrag het. Sy het op 4 Maart omstreeks 18:30 gaan kruideniersware koop, en het met haar terugkoms haar man betrap waar hy besig was om hul dogter in die badkamer te verkrag. Die man het daarna weggehardloop en glo probeer om selfmoord te pleeg deur sy polse en keel te sny. Hy is omstreeks 01:30 na ʼn plaaslike privaathospitaal om behandeling vir sy beserings te ontvang. Die dogter beweer haar pa het haar al vir die afgelope jaar lank gereeld verkrag.

Die man moet weer op 9 April in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marlene ·

Noui help die ding om selfmoord te pleeg sny sy you know what af dat hy dood bloei

SANETTE HENNING ·

Hy het n kind se siel vermoor hy moet die swaarste straf moontlik kry en nooit weer vrygelaat word nie want hy sal weer verkrag GEMORS

Trudie ·

Plaas dat die ding gevrek het. Jammer hy het hom nie doodgebloei nie. Maat dit is in elk net vir die skyn. Mag hy stadig maar seker doodgaan. Misbaksel.

Erika ·

Siek, siek, siek, waglik, steel sy eie dogter se onskuld. Jammer hy het hom nie dood gebloei nie!!! Kap sy ding af wat hom duidelik gepla het!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.