Pa gesteek wat sy baba probeer red

Koby Kolesky-Makein Foto: Craig Kolesky, Facebook

Craig Kolesky, ‘n fotograaf van Kaapstad, is vyf keer met ‘n mes gesteek toe hy rowers van sy baba wou weghou.

Kolesky (37) het gesê drie welgeklede mans het sy huis in Oranjezicht Vrydagaand omstreeks 23:00 deur die badkamervenster op die eerste verdieping betree, berig die Argus. Hulle het op sy vriendin se ma, Wiebke Makein, afgekom waar sy in die sitkamer lê en slaap het. Hulle het haar drie keer in die arm gesteek terwyl sy haarself probeer verdedig het. Kolesky se vriendin, Yvushka Makein, en hul twee maandeoue baba, Koby Kolesky-Makein, het in die babakamer weggekruip toe hulle die inbrekers gehoor het.

Die mans het weer na die eerste verdieping gegaan en probeer om die deur na die babakamer af te breek. “Ek het hom tussen ‘n speelgoedhouer en sy wiegie weggesteek sodat hulle hom nie onmiddellik sou kry as hulle kon inbreek nie,” het Yvushka gesê. Kolesky het die mans aangeval en is verskeie kere gesteek. Hy moes uiteindelik 38 steke kry. “Ek het die een ou by die trappe af geskop. Hy het opgestaan en vir my gekom. Die twee ander mans het van die onderste verdieping af geskree: “Waar is die geld, waar is die kind?”

Kolesky verduidelik het hy in een stadium aan een van die rowers gesê hy kon vir hulle R50 000 gee. “Hy was opgewonde en het weer na die boonste verdieping gegaan om sy vriend my beursie te wys. Ek kon binne daai 10 sekondes uit die huis en hek kom om hulp te ontbied. Ek het geskree soos jy nog nooit vantevore gehoor het nie.”
Die polisie was binne etlike minute op die toneel, maar die inbrekers het gevlug sonder om enigiets saam te neem. Ao November Filander, woordvoerder van die polisie, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek die saak verder.

Kolesky neem hoofsaaklik avontuursport-foto’s. Klik hier om sy webwerf te besoek en sy uitsonderlike foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria j v Rensburg ·

Verskriklik, wanneer gaan dit einde kry, wanneer wil Zuma se oe oop gaan of moet dit eers sy familie tref voor hy daaraan gaan dink om doodstraf terug te bring. Nee hy laat hul liewer op vrye voet om nog onskuldige mense en kinders dood te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.