Pa gevang vir beweerde kindermoord

ʼn Pa van die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo sy twee kinders Woensdag in Muizenberg vermoor het.

Ao November Filander het gesê die 50-jarige man het sy tweejarige seuntjie en driejarige stiefdogtertjie se kele afgesny nadat hy hulle by ʼn kleuterskool in die Village Heights-informele nedersetting gaan haal het. Inwoners het die polisie gekontak. Die ma was nie by die huis nie. Die man word deur polisie-begeleiding by ʼn plaaslike hospitaal aangehou nadat hy glo probeer selfmoord pleeg het. Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.