Pa gevonnis vir moord op dogter

hofhamertjie-2-320x264ʼn Man is deur die Butterworth-streekshof in die Oos-Kaap tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy 15-jarige dogter.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê Phumelela Silinga (40) is Vrydag gevonnis. Silinga het sy dogter op 31 Desember 2012 met ʼn mes doodgesteek nadat sy glo geweier het om vir hom te kook. Silinga het gevlug maar is later deur die polisie opgespoor en in hegtenis geneem. Manatha sê Silinga se vrou het hom glo ook vroeër verlaat omdat hy gewelddadig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.