Pa in hof 15 jaar ná beweerde verkragting van dogter

hofhamertjie-2-320x264ʼn Man van Mpumalanga, wat daarvan verdink word dat hy sy dogter 15 jaar gelede verkrag en swanger gemaak het, gaan na verwagting Maandag in die Bosbokrand-landdroshof hof verskyn.

Brigadier Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder, het aan The Sowetan koerant gesê die meisie, nou 32, se ma het eers onlangs die voorval by die polisie aangemeld.

Die meisie is glo tussen 1997 en 1999 verkrag terwyl sy by haar ouma gebly het. “Die man het na bewering in die aande in die meisie se kamer in gegaan terwyl sy geslaap het, haar mond toegedruk en haar dan gewelddadig verkrag,” het Mohlala gesê.

Sy is glo gereeld verkrag totdat sy swanger geword het, en in 2000 geboorte aan ʼn kind gegee het.

Die ma het van die voorval uitgevind ná ʼn onlangse rusie tussen die 55-jarige man en sy dogter. Die man is Donderdag by sy huis in Embalenhle naby Secunda in hegtenis geneem.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Ek is naar, dis om van te kots !

Jou eie kind … nee man, jy kwalifiseer vir doodstraf – net jammer dit sal nie weer in Suid-Afrika heringestel word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.