Pa in hof ná hy glo dogters verkrag

hofhamertjie31ʼn Vrystaatse man, wat daarvan verdink word dat hy sy twee dogters verkrag het, gaan na verwagting Dinsdag in die hof vir seksuele oortredings in Bloemfontein verskyn.

Die 55-jarige verdagte van Boshoff, staar twee aanklagte van die verkragting van sy dogters, nou onderskeidelik 21 en 26 jaar oud, in die gesig.

Hy het na bewering begin om sy oudste dogter in 2002 te verkrag en sy jongste in 2007. Hy het hulle glo voortdurend verkrag totdat hy in September in hegtenis geneem is. Die voorval het onder die polisie se aandag gekom nadat die oudste dogter dit aangemeld het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henko ·

Dit maak maak mens fisies naar om te dink ‘n ‘ pa ‘ verkrag sy eie meisiekinders. Waar is hul ma?

Kinders moet, ongeag hul ouderdom vrymoedigheid hê om met ‘n nabye familielid of ‘n vertroueling in verbinding te tree. Ouers, leer jul kinders, seuns en dogters, dat geen persoon die reg het om aan jou liggaam te raak nie.

Elize Mans ·

Hoe kry n Pa dit reg om sy dogter te verkrag.Hy is siek,sulke mense moet vir ewig gebere word.Hy is n skande vir sy familie en samelewing.
Maak van hierdie mens n voorbeeld en hang hom.Daar is nou genoeg van hierdie mense in hierdie land.
Jang hulle almal.Sien of dit nie gaan stop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.