Pa in hof oor eenjarige se verkoolde lykie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat van die moord op sy eenjarige babaseuntjie verdink word, het Dinsdag in die Galeshewe-landdroshof verskyn.

“Die saak is tot 24 Januarie uitgestel sodat die man kan aansoek doen om borgtog,” het Mashudu Malabi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Noord-Kaap, gesê.

Die man is Sondag in hegtenis geneem nadat die verkoolde oorskot van sy seuntjie in ʼn sloot in Galeshewe opgespoor is. Die polisie glo die seuntjie is verlede week Donderdag vermoor, en die pa het hom die volgende dag as vermis aangemeld. Die kleuter se ma was agterdogtig en het aan die polisie gesê sy glo nie die pa se weergawe nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.