Pa in hof oor skietdood van kêrel en die se pa

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Retief Liebenberg (47) sal na verwagting vandag in die Boksburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy dogter se kêrel en die se pa.

Liebenberg het Poena Visser (19) en sy pa, Dewalt (46), glo verlede week Donderdag in sy huis in die Ebotse-gholflandgoed in Benoni doodgeskiet. Volgens Beeld het Liebenberg glo nie die verhouding tussen sy dogter, Chevonne (20), en Poena goedgekeur nie. Hy het glo gerugte gehoor dat Poena dwelms gebruik het. Liebenberg het op die dag van die skietery glo by die huis gekom en Poena daar gevind nadat hy hom glo vroeër belet het om sy dogter te sien. Poena het glo sy pa na die huis ontbied waarna ʼn struweling glo uitgebreek het. Poena en sy pa is verskeie kere geskiet en is op die toneel dood. Liebenberg het reeds in die hof verskyn en die saak is tot vandag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Seg ·

Julle kan nou seg wat julle wil, maar ‘n pa, wat vir sy dogter omgee, alles moontlik doen om haar te beskerm, in hierdie geval selfs moord. Ek weet. Ek het twee dogters.

Tash ·

En as jou Dogter nie wil luister nie na ‘n Interdik, belet en smeek gaan jy ook 2 MENSE SE LEWENS NEEM>>>>>> En as iemand jou aanrand gaan jy maar sleg lyk die ou het nie eens ‘n skraap op blou kol nie die foto was in die koerant>> Seg maar net…

Daan ·

Miskien jy maar die res wat die humeur kan beteuel en kan onderskei wat reg en verkeerd is beslis nie.

Heidi ·

Ja ek dink elke ouer sal enige iets doen om sy of haar kinders te beskerm.
MAAR als omtrent die storie is BAIE BAIE “fishy” en ook oor die feit dat my dogter saam met altwee op skool was. En nou dat Poenie (Dewalt) en sy pa nie hier is om hulself te verdedig nie nou word hul uitgemaak as die slegtes en Retief Liebenberg en Chevonne word uitgebeeld as die slagoffers. Vandag begrawe familie en vriende ‘n pa en ‘n seun. Ja Poenie het dalk gejaag met sy kar en so aan maar watter jong man doen dit nie!!! Chevonne het BAIE kerels gehad sy was die een wat haar studies op geskop het en wat in rehabilitasie was!!! Was sy nie dalk die slegte invloed op Poenie nie! En die hele manier waarop hul vermoor is maak nie sin nie. Ek sal nie verbaas wees as sy die sneller getrek het nie en pappie nou weer die kastaiings uit die vuur moet krap nie. Maar hoe dit ookal sy ek bid vir geregtigheid en ek vertrou op GOD dat die waarheid sal uitkom.

Rus in vrede Dewalt Snr en Poenie. Jul het dit nie verdien nie maak nie saak wie of wat jul was nie!

Johan Botha ·

Dis ‘n hartseer storie en so onnodig, maar soos ek dit verstaan het die windgat Poena en sy pa, Mr Liebenberg in sy eie huis aangevat. Logika se vir my die man (Liebenberg) het alle reg om die mense uit sy huis te jaag en as hul hom dan dreig of aanval, homself en ander te beskerm deur te skiet. En dit nadat hy reeds die huis belet was. Kan jy jouself voorstel hoe laks die Poena en sy pa moes gewees het om die man in sy eie huis te kom aanvat? Poena se vorige meisie se pa moes ‘n interdik teen die buffel kry om hom van sy huis en dogter weg te hou. Klink vir my na twee regte bullebakke wat als wil reg slaan as hul nie hul sin kry nie. Nou sit Mr Liebenberg met die nagevolge.

Rika ·

Johan, ek weet nie of jy die tragiese gebeurtenis van die begin af gevolg het nie, maar daar is te veel dinge wat net nie sin maak nie. ‘n Vrou het vandag haar man en kind, vir wie sy baie lief was, begrawe. Hierdie selfde man en kind, wat nie meer hier is om hulself te verdedig nie word nou deur mense soos jy veroordeel!! Ek glo die Here sal gee dat die waarheid seevier!! Rus in vrede, Dewald en Punie!!!

Heidi ·

Ek glo nie eens bullebakke sal so dom wees om in ‘n landgoed met sekuriteit iemand te wil aanval nie!
En hoekom hul elk 4keer skiet en Dewald snr in die rug en sy?????? Bel die sekuriteit en die polisie nee wat ek dink daar was vir hul gewag en beplan om hul te skiet. Maar hul is nou nie hier om hulself te verdedig nie so nou sal hul as die gemors uit gemaak word.

Daar is ‘n konfooi met plakkers op die karre te ere van die pa en seun vandag en BAIE het hul geken as goeie mense!

Judy Smit ·

Ag nee rerig Johan? Niemand verdien om so dood gemaak te word nie!!! Maak nie saak hoe windgat iemand is nie! Hoe kan enige iemand net 2 mense se lewens so be-eindig????

Chantell ·

Ek se op my beurt! Mens skiet nie net mense dood nie! Poena en sy pa was duidelik nie gewapen nie! Ek se geregtigheid sal geskied en ek se hy moet tronk straf kry! Hy klink vir my te trigger happy!! Na die berigte dat hy sy mense by die werk so slegte honde behandel het!!

Poppie Venter ·

Ja met so goeie sekuriteit dink ek ook dat Liebenberg het dit beplan om die Vissers te skiet, As hy wel n interdik teen die Vissers gehad het, het hy genoeg tyd gehad om die polisie te skakel . Crystal Park se polisie is nie ver van die landgoed af nie. Maar nee soos n lafaard skiet hy Snr in die rug X2 keer. En Jnr X4 in die bors in die kombuis!!! Nee, iets is nie pluis nie nie. >> Wie het geskiet,pa of die dogter. Sy is net so skuldig soos haar pa. Ek se dis altyd bedorwe kinders wat hul sn altyd kry. So die Liebenbergs moet maar liewers die waarheid praat!!!
Ons wonder wie beskerm vir wie. Die oorlewendes is die einigste wat kan praat, dooie mense kan hul e nie self verdedig nie. So Jammer dat 2 families uit mekaar gespat het

RB ·

Dit is tragies!
Maar kom ons hou op oordeel en bid eerder vir almal. Die oordeel kom jou nie toe nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.