Pa in hof na hy glo baba vermoor

ʼn 22-jarige pa het Woensdag in die Kimberley-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy tien maande oue babadogtertjie.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê die pa sal weer op 7 Junie in die hof verskyn wanneer hy na verwagting om borg sal aansoek doen. Hy bly in aanhouding in die Kimberley-gevangenis. Die babadogtertjie is Maandag in die Kimberley-hospitaal oorlede nadat haar pa haar glo Saterdagaand erg aangerand het. Naidu sê die pa het glo probeer om sy babadogtertjie sap te laat drink en kwaad geraak toe sy nie wou nie. Hy het haar toe glo teen haar kop begin slaan en later selfs teen die kop geskop. Die pa en die dogtertjie se ma was glo in ʼn argument betrokke voor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gemsbok ·

Deel van die probleem is ons gemeenskaplike persepsie van die waarde van lewe en die inherente waardigheid van lewe, of gebrek daaraan.

Interessant hoe ‘n voorval soos hierdie mense skok, terwyl aborsie en veral laat-termyn aborsie besig is om al meer aanvaarbaar te word in ons samelewing.

Neem byvoorbeeld die laaste-tremester aborsies waarvan Barack Obama ‘n voorstaander is, wat vereis dat die fetus se rigstring geknip moet word tydens die aborsieprosedure.

Die konsep van “genadedood” oftewel geassisteerde selfmoord wat al meer bevorder word verdien ook nadere betragting. Die voorstaanders daarvan wil graag vir ons vertel dat dit mense sal toelaat om in “waardigheid” te sterf. Bedoelende daarmee dat wanneer ‘n mens afhanklik van ander is vir versorging en pynverligting jy nie meer oor waardigheid beskik nie.

Beide aborsie en genadedood plaas ons op die glibberige glybaan waarvan die uiteinde ‘n uber-mensch samelewing is, gedrewe deur die genetiese modes van die dag. Dit verskil nie van die samelewing wat die Nazi’s so graag wou afdwing en waar daar geen ruimte is vir empatie met diegene wat net ‘n bietjie minder as volmaak (gedefinieer volgens die heersende modegier) is nie.

Alle mense, vanaf embrio totdat ons ons laaste asem uitblaas is met waardigheid beklee bloot omdat hulle mense is, en behoort deur ons samelewing gekoester word.

Indien ons nie gaan opstaan en ons daarvoor beywer nie, is ons niks beter (en verdien ons niks beter) as die diereryk nie.

nettie ·

HOE KRY JY DIT REG OM SO KLEIN BONDELTJIE LIEFDE TE SKOP EN SLAAN. SE MY, HOE? EK IS STOMGESLAAN OOR AL DIE BABA MOORDE. AS JY `N KIND WIL HE DAN MOET JY WEET WAT VOORLE. EK HOOP DAT GOD SE WERKENDE HAND SAL INTREE. MAMMA EK IS SO SEER BINNE VIR JOU PART. VIND VREDE IN JOU HART EN WEET DAT GOD SE GENADE ONS DEUR ALS SAL HELP. VERGEWE SODAT JY EENDAG MET VREDE VOOR GOD KAN STAAN. KLOU NET VAS AAN GOD, WANT IN HIERDIE SEER TYD SAL SY LIEFDE JOU DEURDRA.
STERKTE AAN AL DIE FAMILIE.

sylvia du plessis ·

dis baie sad om te hoor van al die babas wat so vermoor word hulle verdien dit nie ek weti hoe kan iemand so wreed wees teenoor n kind nie hulle het nie gevra om hier te wees nie mag die mense wat kinders so dood maak lewenslange tronk straf kry ek het geen genade vir so n persoon nie regtig dis siek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.