Pa, kinders vas na beweerde moord

ʼn Pa is Maandag saam met sy seun en dogter in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man vermoor het en sy liggaam in die straat gegooi het.

ʼn Polisiewoordvoerder, konst. Moses Molepo, sê die 67-jarige man en sy kinders het Alfred Phoshoko (27) glo aangerand nadat hy na bewering kruideniersware by hulle huis in Dikgale in Limpopo gesteel het. “Hulle het Phoshoko glo met stokke doodgeslaan en sy liggaam tot in die straat getrek.” Die drie sal na verwagting Woensdag in die Mankweng landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.