Pa kom op seun se lyk af

‘n Pastoor van Randfontein het Dinsdagmiddag op sy seun se lyk afgekom by hul huis in Greenhills.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, sê pastoor Keith Bailey (63), van die Metodiste-kerk in Randfontein, het omstreeks 12:45 Dinsdagmiddag op sy seun, Craig (32), se liggaam afgekom. Ernst sê Craig se liggaam is in die badkamer gevind. “Hy was vasgemaak en dit is duidelik dat daar ‘n struweling in die badkamer plaasgevind het.” Ernst sê Craig se hande en voete was vasgebind. Hy sê daar was geen sigbare beserings aan Craig se liggaam nie. “Die slagoffer is nie met ‘n mes gesteek of geskiet nie. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.” Ernst sê talle huishoudelike goedere en elektroniese toerusting word uit die huis vermis. In ‘n aparte voorval is drie mans naby die toneel in hegtenis geneem nadat hulle van die polisie weggehardloop het. Die moontlikheid word ondersoek dat hulle aan die voorval verbind kan word. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Seg Net ·

Hier is nie een enkele plek in hierdie land waar mens veilig is nie. Wanneer gaan hierdie swart gemors end kry? Genoeg sal nooit genoeg wees nie. Die woord bestaan net in Afrikaans en nie in enige swart taal nie.

Gert Malan ·

Die gespuis! Nie eers die verkondiger van God se woord word meer gerespekteer nie.

Willy ·

Ek wens die gemors vrek! Geen respek vir enige lewe nie. Hierdie goed sal my seker eendag oop oë in die hel laat beland. Baie sterkte aan die familie om ‘n kind te begrawe.

magda ·

Ons is nie meer veilig nie! Want ons blankes word 1 vir 1 dood gemaak! Regtig genoeg is genoeg wanneer gaan dit ooit op hou!

Michelle ·

Dis vreeslik! Nog n moord op nog n blanke man… vir wat… aardse besittings wat hulle nie kan bekostig nie omdat hulle nie eerbare werk wil verrig nie.

Miss Knysna ·

My smpathy to the Bailey family. I worry about our future in this god forsaken country.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.