Pa kry miljoene na vals verkragting bewerings

ʼn Suid-Afrikaanse uitgewekene is miljoene rande betaal deur die polisie in Amerika nadat hy tronk toe gestuur is op vals bewerings dat hy sy verstandelik gestremde dogter verkrag het.

Sunday Times berig dat Julian Wendrow R15 miljoen betaal is nadat hy in Desember 2007 by sy huis in Michigan in hegtenis geneem is kort voor die gesin na Suid-Afrika sou kom op vakansie. Wendrow (56) was vir 80 dae in die tronk waarvan hy 70 dae in ʼn sel van 2X2m in isolasie aangehou is. Sy vrou, Tali, is ook in hegtenis geneem en kort hierna onder huisarres geplaas vir haar beweerde betrokkenheid by die “verkragting”. Hulle outistiese dogter, Aislinn, was 14 tydens die beweerde verkragting en is in pleegsorg geplaas terwyl hulle seun, Ian (13), in ʼn plek vir jeugmisdadigers aangehou is. Die polisie het beweer hulle het videomateriaal van die beweerde verkragting. Die drama het glo ontvou na ʼn onderwysassistent Aislinn se vinger gevat het en op ʼn rekenaarsleutelbord die beweerde verkragting uitgespel het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.