Pa moor kinders, vrou en pleeg selfmoord

‘n Man van Centurion het sy vrou en twee kinders doodgemaak voor hy homself gehang het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Agnes Huma, sê die voorval het by die Valley View-woonbuurt in Kosmosdal. Huma sê dit blyk of die twee kinders vergas is. Volgens berigte het Jan Strydom (39) sy vrou, Nadia (32), doodgeslaan. Hy het glo die 5-jarige Aidan en 2-jarige Amber se lykies in hul beddens teruggesit nadat hy hulle in die gesin se motor vergas het. Strydom het homself hierna aan die trapreling van die huis opgehang. Hy het ʼn selfmoordbrief op sy skootrekenaar gelos. Huma sê die polisie is in kennis gestel nadat die gesin se huiswerker die vrou se liggaam deur ʼn venster gesien het en sy die familie gebel het. Volgens berigte was Strydom ʼn depressielyer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.