Pa op heterdaad betrap waar hy dogter verkrag

ʼn Man van KwaZulu-Natal is deur sy vrou op heterdaad betrap terwyl hy sy 13-jarige dogter verkrag het.

The Witness het Woensdag berig die man het daarna weggehardloop en probeer om selfmoord te pleeg deur sy polse en keel te sny. Die man het omstreeks 01:30 na ʼn plaaslike private hospitaal gegaan om behandeling vir sy beserings te ontvang.

ʼn Polisiebron het aan die koerant gesê die man se vrou het omstreeks 18:30 gaan kruideniersware koop en toe sy terugkom by die huis, het sy haar man in die badkamer betrap waar hy besig was om hul dogter te verkrag. Die dogter beweer haar pa het haar al vir die afgelope jaar gereeld verkrag.

Lt. Joey Jeevan het gesê die verdagte moet binnekort in die hof verskyn op aanklag van verkragting.

Dit is in die stadium nie bekend in watter dorp die voorval plaasgevind het of in watter hof die man moet verskyn nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sonja Marx ·

Ek is so woedend !! Hoe kan ‘n vader dit aan sy kind doen perslot van sake is daardie kind deur God aan hom gegee.

Marlene ·

Bring terug die doodstraf sodat ons die euwels uit ons midde kan verwyder. Verkragters verdien nie die lewe nie.

Sunette Gasson ·

Die wereld is een “siek” plek! Ek stem verkragters en ouers wat hul kinders doodmaak verdien nie die lewe nie!!!!

Erika ·

Hoekom verkrag ‘n pa sy eie kind? Bring die doodstraf terug. Sy eie kind, haar onskuld gesteel, nee hierdie, pa is baie siek.

Danie Kriel ·

Dit lyk vir my verkragting het nou die nuwe mededingende nasionale kontaksport geword. Wat ‘n siek samelewing!

GERT JACOBS ·

JA VERKRAGTING HIER HET N NASIONALE SPOR GEWORD MET N REGERING WAT DIT BORG HOE DAN ANDERS?

GERT JACOBS ·

JA VERKRAGTING HIER HET N NASIONALE SPORT GEWORD MET N REGERING WAT DIT BORG HOE DAN ANDERS?

Louise Bruwer ·

Moenie te veel sukkel nie, kastreer hom 100% dan het hy niks wat hom pla nie. Vertel die mede gevangenis dan sal hulle hom wys wat mens maak met kinderverkragters

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.