Pa, ouma verdrink voor kind

ʼn 12-jarige meisie het Maandagaand vir langer as ʼn uur aan riete vasgeklou nadat die motor waarin sy ʼn passasier was deur ʼn sterk stroom meegesleur is toe dit oor ʼn laagwaterbrug gery het in die Blue Valley-gholflandgoed in Midrand.

Die Star berig dat Tshegofatso Dithung uit die motor se venster geklim het terwyl haar pa en ouma in die motor vasgekeer was. Dithung het ʼn veiligheidswag, wat haar uit die water probeer trek het, gevra om haar te los sodat sy haar pa en ouma kon probeer red. Dithung se pa, Baruti, en haar ouma, Fransica, se lyke is later uit die maroen Honda Ballade gehaal. Die voertuig het glo op sy dak op die rivierbodem gelê. Die gesin het glo teruggekeer van ʼn kuier by familielede toe die voorval plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.