Pa pak krokodil kaalhande om sy kind te red

Argieffoto

Argieffoto

Media in Zimbabwe berig ʼn inwoner van Mutoko het ʼn krokodil met sy kaal hande gepak om sy seun uit die dier se bek te bevry.

Die Herald-koerant berig Tafadzwa Kachere en sy 11-jarige seun Tapiwa het op Oukersaand probeer om ʼn rivier oor te steek toe die krokodil die seun aangeval het. Kachere het glo bo-op die krokodil se rug gespring en sy kake probeer oop forseer. Hy het glo met sy kaal vuiste op die krokodil se kop gehamer en riete in sy oë gesteek.

Die krokodil het die kind laat los en toe Kachere aangeval. Kachere kon uit sy greep uit kom.

Volgens die koerant het die seun ʼn been verloor en die pa se arm is deurboor. Altwee het oorleef.

Krokodil-aanvalle is algemeen in plattelandse Zimbabwe tydens die reënseisoen, maar talle gevalle word nie aangemeld nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.