Pa red seuntjie voor skietdood

Argieffoto

ʼn Pa van Scottsdene in die Wes-Kaap het sy sewejarige seuntjie Saterdagoggend gered net voordat hy self doodgeskiet is.

Denver George (37) en sy swaer, Claude Campher (41) is altwee dood toe hulle hul gesinne wou beskerm het nadat gewapende mans in hul huis ingestorm het, berig IOL. Denver se broer, Lohencine George (26) leef nadat een van die gewapende mans se vuurwapens twee keer vasgehaak het toe hy hom van naby in die bors wou skiet.

Denver het sy seuntjie, McKyle Asia, gered net voordat hy self geskiet is. “Lollie, kruip gou onder die bed in,” het hy nog gesê voordat hy gesterf het, het die geskokte McKyle gesê.

“Hy het as ‘n held gesterf,” het Erica, Denver se vrou gesê. “Hy het gekeer dat hulle in die slaapkamer inkom.”

Die vuurwapen, waarmee die mans Lohencine wou skiet, het glo “100% reg gewerk” toe die verdagte by sy maat aangesluit het en hulle verskeie skote na Denver en Claude afgevuur het.

Die polisie is op soek na die verdagtes, maar tot dusver is niemand nog in hegtenis geneem nie. Volgens die polisie het hulle nog nie ‘n motief vir die moorde nie. “Ons bevestig die moord op twee mans word ondersoek,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê.

Familielede het bevestig Denver was ‘n lid van die 27s tronkbende, maar dring daarop aan dat hy geen vyande buite gehad het nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.