Pa ry dogtertjie dood

ʼn Pa van Pretoria het Woensdag sy tweejarige dogtertjie doodgery in die oprit van die woonstelblok waar hulle woon.

Beeld berig dat die pa en sy vrou omstreeks 18:00 gisteraand by die Meulmed-hospitaal in Arcadia met hulle dogtertjie aangekom het. Die kind is na die resussitasie-kamer gevat waar kunsmatige asemhaling en hartmassering op haar toegepas is. Sy is sowat ʼn halfuur later dood verklaar. Brig. Siweman Mthembu, ʼn polisiewoordvoerder, sê die pa was besig om in die oprit van die woonstelblok in Arcadia te ry toe die meisietjie agter die motor ingehardloop het, Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LoodB ·

Ai , alle simpatie en impatie aan die pa en ma en familie. Vind jul troos in God. Ai dis so tragies. Dit wys net hoe oorversigtig ‘n mens moet wees in spesifieke situasies. ‘n mens raak te maklik gemaksugtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.