Pa ry oor kleuter met grassnyer

ʼn Tweejarige dogtertjie van Palm Harbor in Florida, Amerika, het Woensdag albei haar bene en ʼn gedeelte van haar hand verloor nadat haar pa per ongeluk oor haar met ʼn grassnyer gery het.

Die voorval het in Palm Harbor, in Florida in Amerika, plaasgevind, berig die Daily Mail.

Die pa, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het omstreeks 19:00 die vierwiel-grassnyer aangeskakel en agteruit gery, maar nie gesien dat sy dogtertjie agter die masjien in hardloop nie. Sy het vermoedelik gestruikel en geval waarna die grassnyer oor haar gery het. Haar liggaam is van die huis se oprit tot in die pad gesleep voor die pa agtergekom het dat sy onder die masjien vasgekeer is. Die grassnyer het altwee haar bene en ʼn gedeelte van haar hand afgekap. Haar ouers het haar in ʼn kombers toegedraai en die 911-nooddiens ontbied. Sy is daarna met ʼn helikopter na die Tampa-hospitaal geneem waar sy steeds behandel word. Volgens die polisie gaan dit nie moontlik wees om haar ledemate weer te heg nie. Die ouers word vir uiterste emosionele stres behandel.

Klik hier om ʼn nuusvideo oor die voorval te sien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tante Afrikana ·

Liewe land…hoe gaan daardie arme pa vir die res van sy lewe voel ?? En die arme ou kleintjie siestog…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.