Pa, seun sterf in motorfietsongeluk

Neil Madsen-Leibold en Neil jr. in Kimberley tydens hul toer. Foto: Facebook

ʼn Pa en seun van Gauteng is Donderdagmiddag in ʼn motorfietsongeluk dood terwyl hul besig was om na Kaapstad te toer.

Neil Madsen-Leibold (48) en sy seun Neil jr., glo in sy 20’s, het Kaap toe getoer op ʼn BMW-toermotorfiets. Madsen-Leibold sr. was die uitvoerende hoof van Hatprop Traders in Centurion. ʼn Werknemer van Hatprop, Johannes Swart, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het glo gistermiddag omstreeks 17:00 naby Laingsburg plaasgevind. Hy sê hulle was op pad na Sutherland. Swart sê die motorfiets waarop hulle gery het, het glo teen ʼn bakkie gebots. Madsen-Leibold sr. is op die toneel dood. Madson-Leibold jr. is later in die hospitaal dood. Swart sê pa en seun het Woensdagoggend uit Gauteng vertrek en het die aand by die Gariepdam oorgeslaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.