Pa, seun vas na gyselaarsdrama

Die apteek waar die gyselaarsdrama hom tans afspeel Foto: Google Earth

Die apteek waar die gyselaarsdrama hom tans afspeel Foto: Google Earth

ʼn Pa en seun is in hegtenis geneem nadat hulle Maandag personeel by ʼn apteek in Port Elizabeth gyselaar gehou het en vir hulp gevra het om selfmoord te pleeg.

Kapt. Stanley Jarvis, woordvoerder van die polisie, sê daar is vir etlike ure met die pa en seun onderhandel maar sonder sukses. Hy sê die polisie se taktiesereaksie-eenheid het skokgranate gebruik om die situasie te ontlont en die twee mans is in hegtenis geneem.

Die 53-jarige man en sy 19-jarige seun het die Seaview-apteek Maandag rondom middagete binnegestap en personeel gyselaar gehou. Hulle het geëis dat daar vir hulle inspuitings gegee word om mee selfmoord te pleeg. Aptekers het vir die mans twee inspuitings met ʼn kalmeermiddel in voorberei. Nadat die pa en seun die medikasie geneem het, het hulle die personeel vrygelaat. Volgens ooggetuies het die mans glo ʼn vuurwapen en ʼn ploftoestel by hulle gehad.

Lees ook:
Gyselaarsdrama in PE: Pa en seun wil selfmoord pleeg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Hoekom skiet hulle hulle nie sommer self met die vuurwapen nie? O, seker nie ammunisie gehad nie. Nou hoekom blaas hulle nie hulle self op met die ploftoestel nie? O, seker nie geweet om dit te trigger nie.. Hoekom wil die apteker hulle nie gif gee nie? O, seker omdat die arme ouens nie geld gehad het om te betaal nie. Shame….lekker mal!
Hulle is seker Kings supporters en kwaad omdat hulle nou weer uit die super 15 is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.