Pa, seuns sterf in gru-botsing op N2

Foto: ER24

Drie mense is dood en ses beseer na ʼn gru-ongeluk waarby ʼn vragmotor en 18 motors betrokke was op die N2-noord-hoofweg buite Durban in KwaZulu-Natal.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die bestuurder van die vragmotor het glo beheer verloor weens ʼn meganiese fout en teen 18 motors gebots voor dit tot stilstand gekom het. Een van die motors het onder die vragmotor se kajuit te lande gekom terwyl ʼn ander een onder die vragmotor se sleepwa te lande gekom het nadat hulle meegesleur is. ʼn Volwasse man en twee seuns was in die wrak onder die kajuit vasgekeer en is op die toneel dood verklaar. Volgens berigte is die oorledenes ʼn pa en sy seuns, onderskeidelik nege en 13 jaar oud. Hulle is met meganiese toerusting uit die wrak verwyder. Die ander ses mense wat beserings opgedoen het, is na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.