Pa, seuns verdrink na kar in hawe beland

ʼn Pa en sy twee seuns het verdrink nadat hul motor in Richardsbaai se hawe beland het.

Arrive Alive berig dat die pa bestuur het en dat ʼn vrou en sy twee seuns, onderskeidelik drie en sewe jaar oud, saam met hom in die motor was. Die voorval het by Richardsbaai se nuwe waterfrontontwikkeling plaasgevind. Polisieduikers soek intussen steeds na die vrou wat glo ook in die motor was. Die pa en sy twee seuns se liggame is kort na die voorval deur polisieduikers uit die water gehaal. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.