Pa skiet ma voor 5-jarige kind

ʼn Vyfjarige seuntjie moes Oujaarsaand aanskou hoe sy pa sy ma aanrand en skiet.

Kolonel Leonard Hlathi, ʼn woordvoerder van die Mpumalanga-polisie, het Woensdag gesê die ma (26) en haar man het glo kort voor middernag ʼn onderonsie gehad voordat hy haar begin slaan het. “Hy het toe sy vrou voor die kind geskiet,” het Hlathi gesê. “Die onderonsie het by die paartjie se huis in Senotlelo naby Mhlanga plaasgevind. Die rede vir die argument is nog nie bekend nie,” het hy gesê.

Die kind het ná die voorval na sy ouma se huis gehardloop en vertel wat gebeur het. Die vrou se gesin het na die huis gegaan en voor hulle die huis kon betree, het hulle ʼn geweerskoot gehoor. “Die man is dood binne die huis gevind. Daar word vermoed dat hy selfmoord gepleeg het,” het Hlathi bygevoeg. Die vrou is na die Mmametlhake-hospitaal gehaas waar sy later aan haar wonde beswyk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.