Pa skiet twee rowers, sterf ook

Shaun Lipshitz, ʼn 35-jarige inwoner van Bedfordview, is Maandagaand in sy huis doodgeskiet terwyl hy sy vrou en drie kinders teen aanvallers verdedig het. Hy het albei aanvallers noodlottig gewond voor hy dood is.

Kaptein Julia Claassen, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê twee gewapende mans het Lipschitz se woning omstreeks 20:40 binne gegaan. “Hulle het deur ʼn venster toegang tot die huis verkry. Lipshitz het glo die slag gehoor en met sy vuurwapen gaan ondersoek instel,” het Claassen gesê. Lipshitz het die twee verdagtes konfronteer en ʼn oor-en-weer skietery het plaasgevind, waartydens al drie mans noodlottig gewond is. Lipshitz se vrou het op die toneel afgekom en die polisie ontbied. Al drie mans is op die toneel dood verklaar.

Lipshitz laat sy vrou en drie kinders agter. Hulle is erg getraumatiseer deur die voorval .

Die polisie het op drie vuurwapens beslag gelê, waarvan een aan Lipshitz behoort. Die Bedforview-polisie ondersoek ʼn saak van moord en gewapende roof.

Shaun Lipshitz. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gawie Botha ·

,,,,,,,,,,,moenie met die mense binne in jou huis,,,,,,,waarsku,,,,,,,,hulle het met voorbedagde rade jou huis onwettig betree……met die doel om te roof/moor…onbekend aan die Staats aanklaar………gebruik onmiddelik maksimum geweld,voordat die betreders dit gebruik!

Leslie ·

Hoeveel blankes gaan vermoor word voordat al die blankes sê genog is genoeg en gaan beging skiet, al die blankes moet now vuurwapens bekom om hulle self te verdedig, daar is genoeg bewyse dat die swartes die blanes in die land will uit moor, dit gaan al so aan van af 1652, die 1816 setelaars het die selfde oor gekom, daar is meer blankes vermoor van af 1652 as wat blankes swartes vermoor het, ek het ook nog gehoor van ‘n blanke wat ‘n swart vrou verkrag het.
hier praat ek nie van ‘n oorlog nie, maar net in die loop van ‘n gewone dag, elke dag word ‘n blanke vermoor

Henry ·

Ek stem nie daarmee saam nie, maar pasop Gawie. Jy mag nie maksimum geweld gebruik volgens die SA wet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.