Pa steek homself, 6 maande oue baba aan die brand

fire_01ʼn 23-jarige pa van Kimberley en sy ses maande oue baba is dood nadat hy homself en die seuntjie aan die brand gesteek het, berig die Diamond Fields Advertiser.

Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het aan die koerant gesê dat die pa en die ma van die seuntjie glo ʼn argument gehad het. Die pa het glo die kind by die ma gaan haal en homself en die seun in sy huis toegesluit. Hy het glo hierna petrol oor homself en die baba uitgegooi en dit aan die brand gesteek. Gemeenskapslede sê hulle het die baba hoor skree waarna hulle rook by die venster sien uitkom het. Omstanders het die deur van die huis opgeskop en die pa en seun op die vloer aangetref. Albei was erg gebrand maar het steeds geleef. Hulle is na ʼn plaaslike kliniek vervoer waar albei later oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Danielle ·

Hoe kry jy dit oor jou hart om jou baba aan die brand te steek. Neem dat net jou eie lewe en los ‘n onskuldige kind uit.

AmY ·

SIEK SIEK SIEK!!! Hoe kan iemand ‘n BABA aan die brand steek. Die baba is op ‘n beter plek, maar die man… Ek weet nie…

Riaan ·

Dit is omdat kinders kinders het, dit moet wetlik verplig word dat jy eers ‘n ouer mag word op 30+. Daar sal baie minder probleme in ons wereld wees.

jacolene ·

Ek dink dit is nie reg om dit te se nie ek was self 23 toe ek my eerste gekry het en ek al 2 kinders. Ek ek ken seker 10 couples wat onder 24 is wat kinders het en daai kinders is hulle lewe. Dit is baie sad wat met daai baba gebeur het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.