Pa steek self, seuns aan die brand

ʼn Vierjarige seun is dood en sy 12-jarige broer het brandwonde opgedoen nadat hulle pa homself en hulle vol petrol gegooi en aan die brand gesteek het.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, sê die 40-jarige pa wou glo homself en die kinders doodmaak toe hy hulle Saterdagaand omstreeks 22:00 aan die brand gesteek het. Die vierjarige seun het onderweg na die hospitaal aan sy wonde beswyk. Die 12-jarige seun en die pa het brandwonde opgedoen. Die kinders se ma was nie tuis nie. Die gesin se huis is in die brand vernietig. Die pa word onder polisiebewaking in die hospitaal behandel en sal aangekla word van moord en poging tot moord. Die pa en oudste seun is in ʼn stabiele toestand. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.