Pa trek self dogter se ‘moordenaars’ vas

ʼn Pa van Durban het sy dogter se drie vermeende moordenaars self opgespoor en gevangene geneem waarna hy hulle aan die polisie oorhandig het.

IOL berig dat Vusimuzi Silwanyana (42), ʼn opgeleide soldaat, se dogter Pretty Nontombi Jonginamba (14) is verlede week met ʼn skroewedraaier en mes vermoor nadat drie mans by haar ma se huis in Gugulethu ingebreek het. Sy het net haar onderklere aangehad en is keelaf gesny. Silwanyana sê hy het vertroue in die polisie verloor nadat hulle geen vordering gemaak het in die ondersoek na sy dogter se moord nie. Hy het na die Wes-Kaap gereis en dit het hom vyf dae gevat om sy dogter se vermeende moordenaars op te spoor. “Daar was sprake in die gemeenskap dat iemand die mans geken het. Ons het gevra dat mense met inligting na vore kom. Oor die naweek het ʼn vrou ons gekontak en sy het beweer dat sy alkohol gekoop het van mans wat beweer het dat hulle ʼn meisie vermoor het. Ons het een van die vermeende moordenaars gevang en na die polisie geneem waar hy begin praat het. ”

Die ander twee verdagtes is ook opgespoor en is deur gemeenskapslede aangehou tot die polisie opgedaag het. Silwanyana sê sy dogter se vermeende moordenaars wou die huis besteel maar is verras deur sy dogter se teenwoordigheid en het haar doodgemaak omdat hulle bang was sy kon hulle identifiseer. Die drie mans, onderskeidelik 19,34 en 36 jaar oud, sal na verwagting more in die hof verskyn.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hein ·

uhm ja Adriana jy is dom… ek sien alle nuus hier in Afrikaans, vir Afrikaners – of dalk is jy net blind. of ‘n rasis.

Paul ·

O ja, ek het vergeet, omdat ek Afrikaans praat, mag ek nie belang stel in enigiets anders nie. Ek vra om verskoning.

Mike ·

Ek wonder maar net of bv. die xhosas of die tswanas of die maVenda ook op hulle kultuur webtuistes so-iets sal publiseer as dit blankes was. Dit is seker belangrik om dit te weet, maar kan dit nie gelees word in ander koerante of webtuistes as jy daarin sou belangstel nie? Vra maar net.

Hein ·

As hulle ‘n blinde oog wil gooi, is dit hulle probleem. Kennis is mag. En dit is immers goeie nuus (vir ‘n verandering)

Mike ·

“As hulle ‘n blinde oog wil gooi is dit hulle probleem” Huh vreemde argument vir my, maar nouja soos ek sê as jy jou kennis wil verbreed kan hierdie tipe beriggies orals in koerante ook gelees word, veral die Sowetan koerantjie.

Mike ·

Of in Beeld ook in afrikaans. Dan hou ons kultuur webtuistes vir kultuur aangeleenthede en koerante vir daardie tipe berigte wat eintlik vir hulle bedoel is.

Mike ·

Aangesien jy jou kennis wil verbreed, vra dan vir hulle om meer sulke nuusgebeure ook te dek. Ek dink maroela media is meer van ‘n afrikaanse kultuur beweging jy sal dalk nie alles wat jy in belang stel hier kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.