Pa tronk toe na hy dogter verkrag

ʼn Pa van KwaZulu-Natal is tronkstraf opgelê vir die verkragting van sy 14-jarige dogter.

Kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, sê die pa is 15 jaar tronkstraf opgelê in die Empangeni-streekshof. Mdunge sê die pa het glo in Mei verlede jaar sy dogter verkrag toe sy by hom gekuier het. Hy het haar van die matras waarop sy geslaap het getrek en in sy bed verkrag. Hy het haar weer in die vroeë oggendure verkrag. “Sy het na die tweede verkragting ontsnap en in nabygeleë bosse weggekruip. Sy is later deur ʼn buurman gered.” Die meisie se pa is vier dae na die voorval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Debbie Biermann ·

Dis tyd dat die doodstraf terugkom. Hierdie mense het geen agtig vir vrouens en lewe nie. Na drie jaar wat ek in Saudi werk,kan ek net se dat alhoewel hier ook moord voorkom, die mense wat moor boet met hul lewe.Vergelyk 76 onthoofings verlede jaar met SA????????

Michelle ·

Michelle Calitz.. Die doodstraf moet terug gebring word daar is te veel van sulke rimmels daar buit. Maar hy gaan baja pret he on die tronk hy moet net nie sy koekie seep laat val nie. Sulke mense wil aangaan soos diere dan moet hulle behandel word soos dierie dit is my opinie ek sal moord pleaag my oudste 17 en jongste 10

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.